Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 25 May 2014

Transformasie

Op 24 April het die oord se Bestuurskomitee 'n versoek tot die Bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink gerig om die kaal stukkie grond voor Die Nes in 'n droogtebestaande tuin te omskep - enersyds, om aan inwoners te toon dat 'n tuin wat teen periodieke Bosvelddroogtes bestand is wél moontlik is en andersyds, dat so 'n tuin ook mooi kan vertoon.

Die onderstaande foto's toon dat Piet en sy helpers in 'n kort tydsbestek volledig uitvoering gegee het aan die Bestuurskomiteebesluit.

Piet Combrink en sy helpers/raadgewers beplan die tuintjie. Van links na regs verskyn Piet, Rita Vosloo, Rina Breytenbach, Isabel Hattingh, Miriam Scheepers en Amy Combrink
(Vlnr) Isabel Hattingh, Anne Sadler en Rita Vosloo werskaf dat die stof staan
Thomas (links), Piet en Philemon
Die eindproduk
Piet skryf: "Hiermee wil ek my dank uitspreek teenoor alle persone wat 'n bydrae gelewer het tot die skepping van die [droogtebestande] tuintjie voor Die Nes. Isabel Hattingh en Rita Vosloo, baie dankie vir die groot rol wat julle gespeel het in die beplanning van die tuin, maar ook saam met Thomas en Philemon met die fisiese uitvoering daarvan - letterlik met die graaf in die hand.

Baie dankie aan Anne Sadler ook vir jou hulp, asook vir Rina Breytenbach en Miriam Scheepers, wat insette gelewer het."

Hierbenewens het Piet waardering uitgespreek vir die bydrae wat Barry Vosloo (skenking van plaveisel), Louis van Wyk en sy span (die uitleg van die paadjies en verfwerk) en les bes, Nellie Stoop (koeldrankies), gelewer het.

No comments:

Post a Comment