Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 8 April 2023

Nuwe Intrekkers (eintlik nie so nuut nie agv laat plasing)

Annatjie Becker (E37)

Annatjie is al vir 51 jaar ‘n bosvelder.  Hulle het geboer op die plaas Roodekuil.  Sy is nou al vir 3 jaar en 6 maande weduwee. en het verlede jaar Desember by Renaissance ingetrek.  Annatjie sê sy voel veilig in die oord.

Sy het 4 kinders en 4 kleinkinders.  Haar jongste dogter woon en werk in Nieu Zeeland.

Naaldwerk en voëls is haar passie en is ook lid van die Bosveld-voëlklub.

  

Des en Hester Lindeque (E88)

Des en Hester het al goed rondgeswerf.  Johannesburg, Warmbad, George, Warmbad.  Hulle is betrokke by Just Water en het nie veel tyd vir stokperdjies nie.

Hulle het drie kinders, oudste dogter in Nederland, ‘n dogter in George en hul seun is in Oudtshoorn.  Hulle het vyf kleinkinders. 


Jane Whittaker (U63)

Jane is from Gauteng.  She moved here for security reasons.

She loves reading, watching TV and enjoys walking.

Sad to say that due to ill health, her family has moved her to Rusoord Old Age Home in March





RENAISSANCE SE MENSE!

 

Ons kuier op die stoep!


Ons speel snoeker!
Ons speel ook Pyltjies!!



Ons het ons eie posbusse! Kom kry die pos volgens jou huisnommer

Ons het ook 'n haarsalon!

en ons eie Biblioteek vir die leesgieriges!

en ons kan ook gereeld die lyfies oefen

Daar is ook Bingo en Vlytige Vingers om aan deel te neem.