Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 23 November 2014

Alet "gooi kennersoog"

Die plaaslike koerant, Die Pos, het Alet Erasmus onlangs in diens geneem om "op Woensdae 'n draai by die kantoor [te] maak om 'n finale kennersoog oor die bladsye te gooi voordat dit drukkery toe gaan."

Alet woon in Katlagterlaan 120.

Alet Erasmus
Volgens Alet is haar taak om toe te sien dat die Afrikaans en Engels wat in die koerant gebruik word, op peil is.

Nou weet ons waarom die koerant se taalgebruik min te wense oorlaat!

"Die werk is nie veeleisend nie; dis amper soos om leerlinge se skrifte na te sien," sê dié voormalige Afrikaans-onderwyser van Settlers Agricultural High School naby Bela Bela.

Gereelde lesers van hierdie webjoernaal sal dalk onthou dat ons voorheen berig het oor Alet se betrokkenheid by die Helderberg-vliegramp toe Vlug 295 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens op 28 November 1987 in die Indiese Oseaan oos van Mauritius neergestort het.

As 'n toenmalige skakelbeampte by die Suid-Afrikaanse Lugdiens, was Alet ten nouste gemoeid met die gebeure wat op die ramp gevolg het.

Klik HIER om die berig te lees.

No comments:

Post a Comment