Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 27 October 2014

Die 2014-bestuurskomitee vergader vir oulaas

Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Bestuurskomiteevergadering op 22 Oktober 2014 aandag geniet.

Finansies
Volgens die Bestuursagent is die oord se finansies steeds kerngesond. Die finansiële state vir September 2014 is goedgekeur. Dit lê by die Administratiewe Beampte ter insae.

Algemene Jaarvergadering (AJV)
Die sakelys van hierdie vergadering wat op 26 November sal plaasvind, is goedgekeur. Belanghebbendes sal eersdaags 'n kopie daarvan ontvang. Intussen word inwoners uitgenooi om voorleggings in verband met sake wat hulle by die AJV ter tafel wil lê, voor 10 November by die Administratiewe Beampte in te dien.

Begroting 2015
Belanghebbendes sal eersdaags besonderhede in verband 'n voorlopige begroting vir 2015 ontvang.

Watermeters
Die installering van watermeters vorder fluks.

Bestuurskomitee vir 2015
Inwoners is versoek om persone vir die bovermelde te nomineer. Die verkiesing sal tydens die Algemene Jaarvergadering plaasvind. Nominasievorms kan by die Administratiewe Beampte afgehaal word.

Uitbreiding van die Administratiewe Beampte se pligte.
Die Administratiewe Beampte sal voortaan alle onderhoudstake koördineer. Hiervoor is een uur by haar normale werksdag gevoeg. Sy sal uiteraard hiervoor vergoed word.

Warmbad Fotografieklub
Die Warmbad Fotografieklub het toestemming ontvang om op 15 November, vanaf 09:12 tot 12:00, foto's van blomme, plante, insekte, ens., in die oord te neem.

Die Voorsitter, Hennie Ludik, skryf soos volg: "Renaissance met sy pragtige en kleurvolle tuine is ideal vir foto's."

Na afloop van die fotonemery, sal die fotografieklub 'n gesellige byeenkoms op die perseel hou.

Adverteer u eenheid op die Warmbad Renaissance-webtuiste
'n Advertensie kos R500. Die Administratiewe Beampte sal belangstellendes van die nodige inligting voorsien.

No comments:

Post a Comment