Die Bestuurskomitee
het onlangs namens die inwoners sy dank teenoor die oord se werkers betuig deur
aan hulle gebraaide boerewors en vloeibare verversings voor te sit.
Emely, wat sorg dat
die administrasieblok, kombuise en twee ontstspanningslokale vlekloos skoon
bly, was ongelukkig reeds met verlof toe hierdie geleentheid plaasgevind het.
Sy het vooraf darem 'n pakkie wors ontvang. Die Bestuurskomitee vertrou dat sy dit
saam met haar gesin sal geniet.
Die werkers is 'n
aanwins vir die oord en lewer jare lank al getroue diens aan die inwoners.
Vanjaar was geen uitsondering nie.
Soek 'n berig in Renaissance
Saturday, 20 December 2014
Monday, 15 December 2014
Inwoners se kreatiwiteit staan blou in die blom
Sedert Piet
Combrink die eerste droogtebestande tuin in ons oord gevestig het en namate
inwoners aan sy pleidooie vir dié soort tuinmakery gehoor begin gee het, word
ons oord met sy pragtige inheemse bome, grasperke en goedversorgde meer tradisionele
tuine, al hoe meer met droogtebestande tuine opgekikker.
Friday, 12 December 2014
We play a part in helping local Rotary Club to trace last surviving Charter Member
On 1 July 2014, we
posted a story about Brian Stone who played a prominent role in an earlier era
of our town and in particular of the Settlers area where he grew up. Click HERE
to read the story.
Tuesday, 9 December 2014
Geduld, o geduld ...
Kort ná die Tweede
Vryheidsoorlog (1899 - 1902) skryf die Afrikaanse digter en skrywer, C Louis
Leipoldt, 'n gedig waarvan die titel In
die konsentrasiekamp is. Ek haal enkele verse daaruit aan:
Saturday, 6 December 2014
Al was ek nie daar nie ...
In daardie tyd het keiser Augustus ‘n bevel
uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.
Tuesday, 2 December 2014
Johnny Meyer as voorsitter van die 2015-bestuurskomitee verkies
Na 'n kort blaaskans van 'n jaar, is Johnny Meyer tydens die
pasafgelope Algemene Jaarvergadering weer eens aangewys as voorsitter van die
Bestuurskomitee.
Saturday, 29 November 2014
Jaareindfunksie
Die Sosiale Aksie
onder leiding van Corrie Pretorius, het op 28 November weer eens 'n gesellige
en stylvolle jaareindfunksie in Die Nes aangebied. Dit was hulle vyftiende funksie van die jaar.
Friday, 28 November 2014
Bestuurskomitee vir 2015 aangewys
Tydens die pasafgelope Algemene
Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance Bestuursvereniging is die Bestuurskomitee
vir 2015 verkies.
Wednesday, 26 November 2014
Die uittredende voorsitter lewer sy jaarverslag
In die laat tagtigerjare het Renaissance Ontwikkelings
(Edms.) Bpk. besluit om hulle vyfde sekuriteitsaftree-oord in die legendariese
rustigheid van die skilderagtige Bosveld te ontwikkel. En siedaar: Warmbad
Renaissance.
Sunday, 23 November 2014
Alet "gooi kennersoog"
Die plaaslike
koerant, Die Pos, het Alet Erasmus onlangs
in diens geneem om "op Woensdae 'n draai by die kantoor [te] maak om 'n
finale kennersoog oor die bladsye te gooi voordat dit drukkery toe gaan."
Thursday, 20 November 2014
The Poora-berry tree
One of the
attractive features of our village is the large variety of indigenous trees to
be found here.
Friday, 14 November 2014
Voormalige Durbanse dosent vind tuiste in Bosveld
Warmbad
Renaissancers kom van oraloor - selfs Natal, "the last outpost of the British Empire" .
Thursday, 30 October 2014
Flashback
![]() |
As far as can be ascertained, construction
of our retirement village began in 1989/1990 when the rumble of construction equipment
shattered the tranquillity of the Bushveld |
The first residents were Ampie and
Isabel Hattingh, who occupied Unit 20 on 1 April 1991. They are still living here. |
![]() |
The community centre - currently known as Die Nes - was officially opened on 1
December 1992. |
![]() |
In 1996 we even had our own drummie squad! |
Wednesday, 29 October 2014
Nóg 'n droogtebestande tuin in wording
Kyk, die Bosveld is
'n wonderlike plek om te woon. Maar as die reën wegbly soos vanjaar, kan die wêreld hierlangs
bra ongenaakbaar wees.
Lappies word president van die plaaslike rolbalklub
Nóg 'n inwoner van
Warmbad Renaissance is as president van die rolbalklub op Bela Bela verkies.
Monday, 27 October 2014
Die 2014-bestuurskomitee vergader vir oulaas
Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Bestuurskomiteevergadering op 22 Oktober 2014 aandag geniet.
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Bestuurskomiteevergadering op 22 Oktober 2014 aandag geniet.
Tuesday, 21 October 2014
Dries en Silvia presteer
Sunday, 12 October 2014
Voormalige plaasseun beoefen Japannese kunsvorm
Bonsai is 'n
Japannese kunsvorm wat verwys na miniatuurboompies wat in 'n houer groei. Hierdie
tradisie is meer as 'n duisend jaar oud en word oral ter wêreld beoefen, ook in
Suid-Afrika.
Saturday, 11 October 2014
Ons is vandag een jaar oud
Hierdie webjoernaal
beleef vandag (11 Oktober 2014) sy eerste verjaardag.
Thursday, 9 October 2014
Die dierelewe in ons oord
Piet Combrink
(Eenheid 6) skryf: "Hoe gelukkig is ons nie om nog dierelewe in ons oord
aan te tref nie!"
Oom Boet en sy wit amarillislelies
Oom Boet Boonzaaier
(Eenheid 26) is nie min trots op die wit amarillislelies wat hy in sy boomryke tuin
kweek nie. In Afrikaans staan hulle ook soms bekend as narsinglelies.
Wednesday, 8 October 2014
Tuesday, 7 October 2014
Shopping trip
Kolonnade, here we come! |
Tuesday, 30 September 2014
Dinamiese Delene afgetree? Nooit gesien nie!
Toe Delene en
Joepie Bekker die beroepswêreld vaarwel toegeroep het, het hulle mekaar belowe:
"Ons gaan nie aftree nie, ons gaan optree!"
Joepie was 'n assistent-ingenieur by Eskom en Delene, 'n tuisteskepper.
Monday, 29 September 2014
Tiptolle - bekende inwoners in ons tuine
Die alomteenwoordige swartoogtiptol (Pycnonotus barbatus) kom wydverspreid
in ons Oord voor.
Friday, 26 September 2014
Ons maak 'n Kaapse draai
Hoe hulle ons facebook-adres raakgeklik het, weet
nugter. Dit was nietemin 'n aangename verrassing toe die volgende boodskap van die
Bella Vista Aftree-oord in Belville op ons facebook-blad
opduik: "Ons ruil graag drukkies uit! Mag ons julle eerste bladmaatjie word?"
Thursday, 25 September 2014
Management Committee meeting - 25 September 2014
The
matters mentioned below were dealt with at the Management Committee Meeting
held on 25 September 2014.
Tuesday, 23 September 2014
Connie wen bromponie
Die bostaande foto van Connie Kinnear en haar nuwe bromponie het onlangs in Die Pos verskyn. Die Pos is ons geweste se plaaslike koerant wat in 2013 'n ATKV-veertjie verower het as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika.
Connie en haar wederhelfte, Willie, is in Eenheid 11 woonagtig.
Friday, 19 September 2014
Huweliksklokke lui vir Herman en Maggie
Die huweliksklokke
het onlangs vir Herman Louw en Maggie van Tonder gelui toe hulle deur past.
Jannie Lubbe van die AGS-gemeente Woord en Lewe in die eg verbind is.
Sunday, 7 September 2014
Renaissance celebrates the onset of Spring (and the naming of their lanes)
Spring
is a time when, in the words of the English poet, Lord Tennyson, "a young
man's fancy lightly turns to thoughts of love".
Monday, 1 September 2014
Bestuurskomitee vergader
Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Algemene Vergadering en Bestuurskomiteevergadering op 28 Augustus 2014 aandag geniet.
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Algemene Vergadering en Bestuurskomiteevergadering op 28 Augustus 2014 aandag geniet.
Monday, 18 August 2014
Weldoeners skenk boeke aan ons biblioteek
Ons het onlangs 'n berig geplaas wat gehandel het oor Hester Botes se versugting na boeke om haar voorraad in ons oord se biblioteek aan te vul. Klik HIER om die berig te lees.
Wednesday, 13 August 2014
Manswêreld? Watwou!
Diegene wat Elsa Erasmus (Eenheid 49) ken, sê dat sy haar ding
in 'n sogenaamde manswêreld kán doen en, op die koop toe, veel beter as die
meeste mans.
Wednesday, 30 July 2014
Dave and the Magic Mountain
Mount Kilimanjaro - sometimes spoken of as the Magic Mountain
- with its three volcanic cones, Kibo, Mawenzi, and Shira, is a dormant volcanic mountain
in Tanzania.
It is the highest mountain in Africa and the highest free-standing mountain in the world at 5,895 metres
above sea level. Click HERE to read more.
Friday, 25 July 2014
Raakvatters woel en werskaf
Min staan
verkeerd vir die hande van die Sosiale Aksie-dames onder leiding van Corrie
Pretorius. Hulle bak en brou en reël stylvolle funksies dat dit gons.
Thursday, 24 July 2014
Nóg 'n kleinkind presteer
Corrie en Pat
Pretorius is nie min trots op hulle kleinseun, Arno Greeff, nie.
Wednesday, 23 July 2014
Louis-John bekoor inwoners
Sanger Louis-John
Hüsselmann het Renaissancers onlangs op 'n nostalgiese reis geneem met 'n keur
van ou en nuwe liedjies.
Thursday, 17 July 2014
'n Meneer in hart en niere
In
vervloë dae het Engeland sy Mr. Chipse gehad en Suid-Afrika sy Menere. Braam Cilliers is een van die onderwysers uit 'n
vorige geslag wat met reg aanspraak kon maak op daardie eretitel.
Tuesday, 15 July 2014
Naamborde opgerig
Die redakteur van
ons nuusbrief het in die Junie 2001-uitgawe berig dat 'n laan gewoonlik
geassosieer word met 'n smal pad omsoom met bome en tuine. Derhalwe het ons
[oord] lane en nie soseer strate nie.
Thursday, 10 July 2014
A most enjoyable get-together
Much to the
enjoyment of those who attended, the village Darts and Snooker clubs held a
combined get-together recently.
Monday, 7 July 2014
Inwoners presteer op die rolbalbaan
Wednesday, 2 July 2014
Bestuurskomiteevergadering van 27 Junie 2014
Die
ondervermelde aangeleenthede het op 26 Junie 2014 tydens die maandelikse
Bestuurskomiteevergadering aandag geniet.
Tuesday, 1 July 2014
The story of a remarkable man
At 94, Brian Stone
is our second oldest resident. Notwithstanding his age, this delightful man is
physically strong and has an astonishing memory for names, places and events.
Friday, 27 June 2014
As dié staander kon praat ...
Voordat die
8-jarige Annemike du Preez onlangs die harte van ons oord se inwoners met haar
sangoptrede gesteel het (klik HIER
om die berig te lees), is daar naarstiglik gesoek na 'n bladmusiekstaander
waarop sy haar musiekboek kon plaas in geval sy die woorde haar die liedjies
vergeet.
Tuesday, 24 June 2014
Kyk-en-koop-oggend ontwikkel tot kuns- en handwerkuitstalling
"Die
aanvanklike bedoeling met die Kyk-en-koop-oggend," sê Corrie Pretorius,
Voorsitter van die oord se Sosiale Aksie-komitee wat die geleentheid gereël
het, "was om inwoners die geleentheid te bied om hulle tuisgemaakte ware
te koop aan te bied."
Tuesday, 17 June 2014
Hester hou ons oord aan die lees
As daar één ding is
waarna baie mense wat aftree-ouderdom bereik het reikhalsend uitsien, is dit
meer tyd om te lees.
Sunday, 8 June 2014
Oom Berend word 95
Oom Berend Wierenga
(#34), ons oord se oudste en een van sy mees gerespekteerde inwoners, het op 8 Junie sy vyf
en negentigste verjaardag gevier.
Saturday, 7 June 2014
Nóg 'n kleinkind presteer!
Vir
die meeste oumas en oupas wat in ons oord woon, is hulle kleinkinders hulle
hart se punt. En as hulle dan nog presteer ook, is dit 'n bron van vreugde,
trots en dankbaarheid.
Wednesday, 4 June 2014
Reportback: Mangement Committee meeting, 29 May 2014
The
matters mentioned below were raised at the monthly Management Committee meeting
held on 29 May 2014.
Wednesday, 28 May 2014
Annemike steel harte
Die oord se Sosiale
Aksie onder leiding van Corrie Pretorius
het weer eens hulle bewese hoë standaard gehandhaaf toe hulle onlangs
die Vrystaatse sanggroep Sampie en Nellie genooi het om die inwoners te
vermaak.
Sunday, 25 May 2014
Transformasie
Op 24 April het die
oord se Bestuurskomitee 'n versoek tot die Bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink gerig om die kaal stukkie grond voor
Die Nes in 'n droogtebestaande tuin te omskep - enersyds, om aan inwoners te
toon dat 'n tuin wat teen periodieke Bosvelddroogtes bestand is wél moontlik is
en andersyds, dat so 'n tuin ook mooi kan vertoon.
Wednesday, 14 May 2014
Nick presteer op die rolbalbaan
Tuesday, 13 May 2014
Friday, 9 May 2014
Lank, lank gelede ...
Lank, lank gelede
was daar twee pragtige meisiekinders. Hulle name was Rita Gunter en Lirpa Rawlins.
Monday, 28 April 2014
Bestuurskomitee vergader weer eens
Let
asseblief daarop dat die ondervermelde enkele uittreksels is uit die
ontwerp-notule van die maandelikse Bestuurskomiteevergadering van 24 April
2014. Aangesien dié dokument eers op 29 Mei 2014 bekragtig sal word, is dit dus
moontlik dat klein wysigings dan aangebring kan word.
Friday, 18 April 2014
Die Helderberg-vliegramp - Alet was daar
Vlug 295 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n
kommersiële vlug wat op 28 November 1987 in die Indiese Oseaan oos van Mauritius
neergestort het nadat 'n katastrofiese brand in die Boeing 747 se laairuimte
ontstaan het. Al die passassiers en bemanning het omgekom.
Die vliegtuig het as die Helderberg bekend gestaan.
Na 'n uitgebreide soektog is een van die vlugdata-opnemers op 'n diepte van
4 900 meter opgespoor.
Die amptelike ondersoek na die ramp is deur regter Cecil Margo gelei. Die ondersoekspan kon nie vasstel wat die oorsaak van die brand was nie. Dit het gelei tot verskeie samesweringsteorieë wat selfs vandag nog opslae maak.
As 'n toentertydse skakelbeampte by die Suid-Afrikaanse Lugdiens was een van ons inwoners, Alet Erasmus (#120), ten nouste betrokke by die gebeure wat op die ramp gevolg het.
Alet vertel dat sy op 15 Desember 1987 opdrag ontvang het om sonder verwyl
'n vliegtuig na Mauritius
te haal. Haar taak op die eiland sou wees om die skakelwerk tussen die Suid-Afrikaanse
Lugdiens, die openbare media en die naasbestaandes van die slagoffers te
behartig.
"Te midde van al die spanning en hartseer," vertel Alet, " was daar ook enkele ligter oomblikke."
Hulle, die span van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Amerikaners wat kom help het met die ondersoek na die ramp, het 'n kantoortjie inPort Louis gedeel. Port
Louis is die hoofstad van Mauritius . Die maaltye was nie
altyd te waffers nie. Hierbenewens het 'n visreuk oor die hawestad gehang wat
nie juis bevorderlik vir hulle eetlus was nie.
"Dit was dus 'n heerlike uitkomkans," vervolg sy, "toe die kaptein van die Suid-Afrikaanse Vloot se voorraadskip, Tafelberg, sy helikopter gestuur het om my na die skip te neem om middagete saam met hom te geniet. Hy was baie galant en die kos was uit die boonste rakke. Tog was die helikopterrit die hoogtepunt van die hele operasie!"
Alet het in 1985 'n Sielkunde-honneursgraad aan die indertydse Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Sy het jare lank onderwys gegee. Ten tye van haar aftrede in 2013, was sy 'n Afrikaans-onderwyser aan dieSettlers Agricultural
High School naby Warmbad.
Sy is sedert 2013 inWarmbad Renaissance
woonagtig.
Die vliegtuig het as die Helderberg bekend gestaan.
![]() |
Die Helderberg |
Die amptelike ondersoek na die ramp is deur regter Cecil Margo gelei. Die ondersoekspan kon nie vasstel wat die oorsaak van die brand was nie. Dit het gelei tot verskeie samesweringsteorieë wat selfs vandag nog opslae maak.
As 'n toentertydse skakelbeampte by die Suid-Afrikaanse Lugdiens was een van ons inwoners, Alet Erasmus (#120), ten nouste betrokke by die gebeure wat op die ramp gevolg het.
Alet Erasmus |
"Te midde van al die spanning en hartseer," vertel Alet, " was daar ook enkele ligter oomblikke."
Hulle, die span van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Amerikaners wat kom help het met die ondersoek na die ramp, het 'n kantoortjie in
"Dit was dus 'n heerlike uitkomkans," vervolg sy, "toe die kaptein van die Suid-Afrikaanse Vloot se voorraadskip, Tafelberg, sy helikopter gestuur het om my na die skip te neem om middagete saam met hom te geniet. Hy was baie galant en die kos was uit die boonste rakke. Tog was die helikopterrit die hoogtepunt van die hele operasie!"
Alet het in 1985 'n Sielkunde-honneursgraad aan die indertydse Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Sy het jare lank onderwys gegee. Ten tye van haar aftrede in 2013, was sy 'n Afrikaans-onderwyser aan die
Sy is sedert 2013 in
Sunday, 6 April 2014
Inwoners getrakteer
Die oord se Sosiale Aksie
het die inwoners onlangs op 'n heerlike noenmaal getrakteer.
Saturday, 29 March 2014
Oord kry eersdaags watermeters
Die vermorsing van water was sedert die ontstaan van die oord ‘n groot
bron van kommer.
Tuesday, 25 March 2014
The legend of Buiskop
Buiskop, situated
approximately six kilometres north of Bela Bela, is a well known landmark in the area.
It was used as a halfway house during
the Republican days for the mail coach that
travelled between Pretoria
and the former Pietersburg.
Monday, 24 March 2014
We are now on-line
Our computer in the administrative office has been upgraded. We have also acquired an e-mail address. Contact us on warmbadrenais@gmail.com
Wednesday, 12 March 2014
Só bespaar 'n tuinier water in die Bosveld
Friday, 28 February 2014
Management Committee meeting - 27 February 2014
BULLETIN
4/2014
Introduction
The
purpose of this Bulletin is to inform residents about the most important issues that
were dealt with at the Management Committee meeting held on 27 February 2014.
Wednesday, 26 February 2014
D J Opperman, my inspirasie.
"Meneer Opperman was
in 1943 my Afrikaansonderwyser toe ek 'n st. 9-leerling aan die Hoërskool
Voortrekker, Pietermaritzburg, was," vertel die 86-jarige Tienie Botes met
'n onthou-blik in haar oë.
Monday, 24 February 2014
Oom Herman herleef die aanslag op die lewe van dr. H F Verwoerd.
Oom Herman
Potgieter (85) het in 2007 saam met sy eggenote, tant Drienie, hulle intrek by
#73 geneem nadat hy die tuig neergelê het as 'n vooruitstrewende wildboer in
die Ellisras-distrik. Tant Drienie het hom in 2009 ontval.
Friday, 21 February 2014
Palms Renaissance, 'n heenkome vir vele.
Die ingang tot 'n oase van netheid, puik organisasie, geborgenheid, rus en kalmte |
Sunday, 16 February 2014
Frikkie en die nagapies
Frikkie Minny (#136) is 'n
natuurliefhebber wat intense genot put uit die dierelewe wat in en naby ons
oord aangetref word.
Saturday, 15 February 2014
Friday, 14 February 2014
Teater in die bos
'n Groepie Warmbad Renaissancers het onlangs 'n
vertoning van Ballade van 'n banggat
by die Tsekama-oord hier naby, bygewoon.
Thursday, 13 February 2014
Nuwe aankomelinge
Hennie en Nellie Stoop van #91
het onlangs vir die tweede keer binne drie maande die wonder van die voëllewe
in ons oord eerstehands beleef toe 'n rooibeklyster in 'n blombak op hulle
stoep eiertjies gelê, uitgebroei en drie kleingoed grootgemaak het.
Thursday, 6 February 2014
Strydros lê die tuig neer
Johnny Meyer, wat
sedert 2005 die funksie as voorsitter van die Warmbad Renaissance
Bestuurskomitee vervul het, het pas uitgetree.
Sunday, 2 February 2014
Ons is op facebook
Die Renaissance-webjoernaal móés uiteindelik swig voor die aanslag van die sosiale media: ons het 'n facebook-blad vir ons oord geskep. Klik HIER om dit te besoek.
Terwyl julle daar is, like ons gerus. Ons sal dit ... wel ... like!
Wednesday, 29 January 2014
The Gymnogene
The Gymnogene, also
known as the African Harrier-Hawk (Afr. Kaalwangvalk),
is an occasional visitor to the beautiful indigenous trees and abundant birdlife of our
retirement village.
Monday, 27 January 2014
Piet se passie
Warmbad
Renaissancers het al vir Piet Combrink (Eenheid 6) leer ken as 'n passievolle
omgewingsbewaarder. Hierin word hy met oorgawe deur sy wederhelfte, Amy,
ondersteun.
Friday, 24 January 2014
Roy was there
On May 1, 1960, a U-2 flight piloted by Captain
Francis Gary Powers disappeared while on a reconnaissance flight over Russia .
Tuesday, 21 January 2014
Wednesday, 15 January 2014
Saturday, 11 January 2014
Nuusbrief
Renaissance se eerste nuusbrief het in Julie 1996 verskyn - toe Bela Bela nog Warmbad was.
Monday, 6 January 2014
Corrie se orrel
In Corrie en Pat
Pretorius (eenheid 133) se voorhuis staan 'n kosbare kleinnood: 'n gerestoureerde Thomas-harmonium.
Saturday, 4 January 2014
The Arrowmarked Babbler
Arrow-marked
babblers (Turdoides jardineii) are
noisy birds that are a feature of gardens in our village. In Afrikaans they are
known as Pylvlekkatlagters.
Friday, 3 January 2014
Do we meet the criteria?
At this time of the year many people have already retired and have settled
into their place of retirement or are considering the possibility of doing so.
A recent interview conducted by Martelize Brink on RSG about retirement issues, drew attention to the factors one should take into account when selecting a place to live after assuming retirement.
A recent interview conducted by Martelize Brink on RSG about retirement issues, drew attention to the factors one should take into account when selecting a place to live after assuming retirement.
Wednesday, 1 January 2014
Inwoners groet 2013
Op 31 Desember 2013 het die inwoners van die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela, 2013 met 'n gesellige vleisbraaiery gegroet.
Die onderstaande foto's beeld die geleentheid uit.
Die onderstaande foto's beeld die geleentheid uit.
Subscribe to:
Posts (Atom)