Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 14 November 2013

Bestekopname

Die Bestuurskomitee het op 26 September 2013 toestemming gegee dat 'n webjoernaal vir ons oord geskep word. Hulle het akkoord gegaan met die doel daarvan, naamlik om deur middel van positiewe beriggewing aan die plaaslike en breër gemeenskap inligting te gee in verband met die oord, sy inwoners en aktiwiteite. Sedertdien het die webjoernaal geleidelik begin vorm aanneem.

Nou ontstaan die vraag: beantwoord die Renaissance-webjoernaal aan sy doel? Hoeveel mense neem kennis van die oord en die doen en late van sy inwoners?

Statistiek wat deurlopend deur Google voorsien word, toon dat Renaissance in die Bosveld/in the Bushveld tot dusver 1 394 keer besoek is. Dit spreek vanself dat Suid-Afrika die meeste besoeke opgelewer het, naamlik 1059 Dit is interessant, dog nie toevallig nie, dat mense elders ter wêreld die webjoernaal besoek het, insluitend die VSA (257), Duitsland (25), die Verenigde Koninkryk (8), Serbië (5), Rusland (6) Ierland (4), Oekraïne (19), Indonesië (1) en Griekeland (1).

Dis natuurlik waar dat besoeke aan die webjoernaal dikwels toevallig en kortstondig is. Die punt is egter dat mense wêreldwyd van ons oord kennis neem - al is dit soms onbeplan en van korte duur. Nog 'n punt wat gemaak moet word is dat Google se ingeboude vertaalfunksie die webjoernaal vir die meeste wêreldtale toeganklik maak.

In dieselfde asem moet toegegee word dat slegs vyf persone tot dusver op die webjoernaal ingeteken het. Sodra 'n nuwe berig geplaas word ontvang hulle per e-pos daarvan kennis .

Drie bykomende maatreëls is getref om die trefwydte van die webjoernaal te vergroot.

Eerstens sal die Administratiewe Beampte die webjoernaal-skakel by die oord se briefhoof inkorporeer. Sodoende  behoort briefwisseling vanuit haar kantoor die aandag van ontvangers op die bestaan van die webjoernaal te vestig.

Tweedens het die webmeester van 'n plaaslike gemeenskapswebwerf, Evan Winsløw, goedgunstiglik ingestem om 'n internetskakel na die webjoernaal in sy webwerf op te neem. Dié skakel kan besigtig word deur HIER te klik.

Derdens is 'n facebook-blad geskep wat die oord in breë trekke bekend stel. Dié blad kan besigtig word deur HIER te klik. 45 persone het die facebook-blad reeds besoek.

No comments:

Post a Comment