Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 15 October 2013

Die eerste intrekkers onthou

Ampie en Isabel Hattingh
Ampie en Isabel Hattingh was die eerste persone wat hulle intrek in eenheid 20 van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftree-oord geneem het. 

Dit was op 1 April 1991.

Ampie het destyds pas uitgetree na baie jare as staatsamptenaar in Pretoria. Isabel het by die H F Verwoerd Hospitaal gewerk.

"Toe ons ons intrek geneem het," vertel Isabel, "was hier net stof, sand, klippe en fondamente van eenhede wat in aanbou was."


"Die sekuriteit was maar so-so en het slegs bestaan uit twee hekwagte," voeg Ampie by. "Hier was egter nog geen omheining nie. Dit het eers later gekom en aanvanklik ook net aan die suidekant kan die Oord."

Gras is gou aangeplant en twee werkers, Cry en Dawid, het dit gesny met 'n gras- en 'n randsnyer wat deur die ontwikkelaar voorsien is. Twee vroue, Maria en Nannadie, het die grasperke natgelei. 

Die eerste kontrak vir die lewering van 'n tuindiens is in November 1991 gesluit.

Isabel onthou dat gesellige byeenkomste hoofsaaklik bestaan het uit bring-en-braaie wat op die fondamente van eenhede 39 en 40 gehou is. Haar buurvrou, Eppie (klavier) en Dina (melodika), het die musiek verskaf. 

Sang en musiek het 'n belangrike rol in die Oord gespeel. Eppie het mettertyd 'n sanggroep gestig.

Ampie vertel dat vergaderings aanvanklik onder afdakke gehou is. Boomplantdae is gereeld gevier deur bome in die Oord aan te plant.

[Die bovermelde inligting is ontleen aan 'n gedenkblad wat ter viering van die Oord se tiende bestaansjaar uitgegee is - Red.]

No comments:

Post a Comment