Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 12 October 2013

Bobaas by wêreldkampioenskappe

Dries Engelbrecht
Dries Engelbrecht ['n inwoner van die Renaissance Sekuriteitsoord - Red.] van Bela-Bela het ’n vierde plek tydens die boogjagters-wêreldkampioenskappe in Potchefstroom verower.

Engelbrecht (62) het van 2-5 Oktober aan dié kampioenskap in die langboogklas vir veterane deelgeneem en moes boog opneem teen verskeie gesoute Europese skuts wat van jongs af reeds dié kuns bemeester het.

Volgens Engelbrecht het hy dié vorm van boogskiet eers onlangs begin aanleer. “Ek het my egter nie daardeur laat intimideer nie, en het my beste gelewer.”
 
Die eerste twee dae van die kampioenskappe het Engelbrecht eers met een punt en toe met vier punte voorgeloop. Op dag drie het hy egter ’n tegniese probleem met sy boogsnaar ondervind en teruggeval na ’n gesamentlike sesde plek. Nadat die boog herstel is, kon Engelbrecht op die finale dag ’n goeie puntetelling van 354 aanteken. Dit was egter nie goed genoeg om op te maak vir die vorige dag se probleme nie, maar wel goed genoeg om hom van ’n gesamentlike sesde plek tot in die vierde plek te skuif.
 
Volgens Engelbrecht voel hy trots om die vierde beste veteraan-langboogskut in die wêreld te wees. “Dankie aan almal wat ’n bydrae gemaak het en my finansieel in staat gestel het om aan die wêreldkampioenskappe te kon deelneem.”
 
Die volgende wêreldbyeenkoms vind in 2015 in Hongarye plaas. Lesers wat betrokke wil raak en Engelbrecht finansieel wil ondersteun, kan Engelbrecht bel by tel. 084 309 0117.
 

[Uit: Die Pos, 11 Oktober 2013. Die Pos se hoofkantoor is in Bela Bela geleë. Die koerant het vanjaar die ATKV-mediaveertjie verower as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika]

 

 

No comments:

Post a Comment