Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 29 October 2013

Die oord se inheemse bome

"As ek soggens wakker word, is die eerste blik op die aangrypend mooie swartapiesdoringboom wat voor ons eenheid pryk, absoluut sielsverheffend."

Só het 'n Renaissance-inwoner onlangs die siening van die meeste inwoners verwoord.

Dat die ontwikkelaars in die vroeë negentigerjare 'n deurslaggewende rol gespeel het om baie inheemse bome wat reeds op die terrein gegroei het ongeskonde te laat, is gewis.

Die ontwikkelaar van Warmbad Renaissance het doelbewus probeer om die inheemse bome wat op die terrein groei, ongeskonde te laat. Hierdie foto is omstreeks 1991 geneem.
Die bestuursliggaam het 'n beduidende bydrae gelewer om hierdie bewaringsetos te koester. 'n Jaarlikse boomplantplegtigheid is gereeld gehou waartydens 'n inwoner die geleentheid gebied is om 'n inheemse boom te plant.

'n Boomplantplegtigheid in 1994
'n Lid van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika, Gert Pietersen, het die oord aan die begin van 1993 besoek om die inheemse bome te identifiseer en van naamplaatjies te voorsien. Terloops, 'n dendroloog bemoei hom met die studie van bome en struike.



Gert Pietersen, 'n lid van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika, identifiseer 'n inheemse boom voordat hy 'n naamplaatjie daaraan vasheg. Hierdie foto is op 27 Januarie 1993 geneem.
Vandag is die talle inheemse bome 'n ware lus vir die oog en lok 'n groot verskeidenheid voëls na die oord.


Hierdie pragtige poerabessie (vitex pooara) pryk voor eenheid 119.

1 comment:

  1. Goeie idee om aan te sluit. Is daar lede in Polokwane, en hoe sluit ek aan? Johan van Jaarsveld

    ReplyDelete