Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 6 November 2013

Renaissance se gewaardeerde kantoormeisie


Jacky Putter
Haar naam is Jacky Putter. Sy is 35 jaar oud, 'n raakvatter en die inwoners is mal oor haar. Sy werk al byna vier jaar by Warmbad Renaissance.

Haar ampsbenaming is Administratiewe Beampte.

Jacky het op Meyerton grootgeword en haar skoolloopbaan aan die plaaslike Hoërskool Dr. Malan voltooi. Haar ouers, Petrus en Marietjie van Nieuwenhuizen, is reeds oorlede.

Sy is met Derick Putter getroud. Hy werk by Eskom. Haar seun, Jaco (16) en Mandie (15) is leerders aan die Hoërskool Warmbad. Anél (11) is in graad 6 by die Laerskool Warmbad. Haar gesin is vir haar baie belangrik.

Jacky is 'n opgeruimde, minsame persoon met 'n positiewe uitkyk op die lewe. Sy sê dat sy baie lief vir ouer persone is omdat sy nooit haar eie ouma en oupa geken het nie. Dis waarskynlik hoekom sy soveel aanklank by die inwoners van Warmbad Renaissance vind. Hulle vul 'n leemte in haar lewe.

Jacky deel graag drukkies uit. Hier verskyn sy saam met 'n inwoner, Mona van der Merwe
Haar ander belangstelling is sing. Sy tree dikwels by funksies op die dorp op. Sy skryf ook graag liedjies vir en oor die belangrike persone in haar lewe.

"Ek geniet my werk by Warmbad Renaissance," sê Jackiy "Dis hier waar ek eendag wil aftree."

2 comments: