Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 19 November 2013

Piet Combrink glo uitheemse plante hoort nie in 'n Bosveldtuin nie.

Piet en Amy Combrink woon in eenheid 6. Voordat hulle in 2003 hierheen getrek het, het hulle naby Koedoeskop op die plaas Vaalkop gewoon waar Piet met Bonsmara-beeste en wild geboer het. Trouens, hy besit steeds die plaas waarop sy seun nou boer. Amy was 'n onderwyseres by die laerskool op Northam.

Piet en Amy Combrink
Piet is volkome toegewy aan die fauna en flora van die Bosveld.

Dit spreek dus vanself dat hy gou na hulle aankoms in Renaissance tot die bestuurskomitee van die oord verkies is en dat een van die twee tuindienste-portefeuljes aan hom toegewys is.

"Inderwaarheid" sê Piet, "is tuindienstekomitee 'n foutiewe benaming. Dit behoort bewaringskomitee genoem te word."

Piet meen dat die bewaringskomitee hom kan beywer om die uitheemse bome, struike en gras wat tans in die oord aangeplant is, uiteindelik met droogtebestande bome, struike en gras te vervang. Dit kom natuurlik in ons warm Bosveldse gebiede voor met 'n gemiddelde reënval van 400 tot 600 mm per jaar. Dis 'n gedokumenteerde feit dat inheemse plante droogtebestand is en dus aansienlik minder besproeiing nodig het.

"Nie alleen sal die inwoners water bespaar nie," vervolg Piet geesdriftig, "die inheemse plante sal die biodiversiteit van die oord bevorder; dit sal insekte en voëls aanlok.

Sowat sewe jaar gelede het 'n voormalige voorsitter van die bestuursraad, Henry van Nieuwenhuizen, die bestuursraad versoek om 'n plan te maak met die onaantreklike suid-oostelike hoek van die oord. Dit het afgesteek by die parkagtige voorkoms van die res van die oord.

Piet is genader om aan Henry se versoek uitvoering te gee.

Dit het hom nie lank geneem nie om te besluit dat 'n rotstuin met vetplante, veral Bosveldse aalwyne, die logiese oplossing is.

Die Aloe Cryptopoda is 'n tipiese Bosveldse aalwyn
"Bosveldse aalwyne kom met reën alleen klaar," verduidelik Piet. "Dit vereis geen besproeiing nie."

Piet het vragte grond laat inry en het self klippe in die omgewing se koppies uitgesoek en hierheen gebring.

Hy en 'n arbeider het uiteindelik 'n pragtige rotstuin aangelê wat 'n ware sieraad vir die oord is. Cas Swanepoel van eenheid 98 het ook 'n hand bygesit.

Piet se rotstuin


No comments:

Post a Comment