Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 24 October 2013

Nuwe intrekkers woel en werskaf

Connie en René Venter werskaf in hulle herontwerpte tuin
Connie en René Venter het vroeër vanjaar by eenheid 134 ingetrek nadat hulle aftree-oorde in, onder andere, Naboomspruit, Nylstroom en Bronkhorstspruit oorweeg het.

Toe hulle egter by Renaissance se hek inry, het hulle geweet: dís waar ons wil woon.


As ywerige tuiniers, het die parkagtige terrein ons dadelik beïndruk," verduidelik Connie.

"Om nie te praat van die ryke verskeidenheid voëllewe nie," voeg René by.

Toe die eiendomsagent boonop 'n wooneenheid aan hulle toon wat hulle geval, was die koeël deur die kerk.

Ander faktore wat hulle op Renaissance as 'n aftreeplek laat besluit het, stem ooreen met die siening van die meeste inwoners: goeie sekuriteit, kinders en kleinkinders wat nie té ver van Warmbad af woon nie en Pretoria se uitstekende inkopie- en mediese geriewe wat eweneens maklik bereikbaar is.

Die Venters het voorheen in Boksburg gewoon. Connie was 'n produksiebeplanner by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. René was 'n menslike hulpbronne-praktisyn.

No comments:

Post a Comment