Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 1 July 2021

Inwoners knap sypaadjies op

Die Pos-koerant berig op 4 Junie: Inwoners van die Renaissance-aftreeoord in Bela-Bela het op Woensdag 26 Mei die sypaadjies buite die oord opgeknap om die aangesig van die oord te verbeter.

Ongeveer 30 inwoners het aan die projek deelgeneem en is bygestaan deur Soetdoring-tuindienste.

Die Bela-Bela-munisipaliteit het vooraf die gras op die sypaadjies om die oord gesny. Die hope droë gras was egter ʼn hoë brandgevaar en inwoners het besluit om self werk te maak daarvan.

Die oordbestuur het ʼn versoek aan die munisipaliteit gerig om die gras by die dorp se reservoirs ook te sny. Die terrein waarop die reservoirs aangebring is grens aan die oord.

Op die foto neem die groep inwoners ʼn blaaskansie voordat hulle voortgaan met die opknapwerk. 

No comments:

Post a Comment