Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 8 September 2021

Bestuurskomiteevoorsitter se boodkap - September 2021

             

In sy September-boodskap aan die inwoners van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftreeoord, skryf die Voorsitter van die Bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN: Na 'n buitengewoon strawwe winter, het die lente uiteindelik aangebreek. Nou kan ons weer eens uitsien na nóg 'n seisoen van welige groei. Die somberse tyd van die winter het ons baie nader aanmekaar gebring weens die omgee, vertroosting, gebede en deernis wat aan al die siek persone in die oord getoon is. Baie dankie aan Marietjie en Dalla vir hul onbaatsugtige hulp aan siek inwoners in hierdie tyd.

I hope that we will use this spring to ensure that our village returns to its former lushness. Our gardens should be laid out responsibly to ensure that other residents are not inconvenienced by the need to look after it on your behalf. If you can afford a gardener, be creative and do your thing. An uncared for garden is an eyesore.

My kantoor is oop vir haalbare voorstelle om gehalte lewensomstandighede vir ons inwoners te handhaaf. Ons moet egter met die werklikhede rekening hou. Ons as bestuurskomitee ondersoek tans ander kragleweringstelsels. Daar is so baie om van te kies, maar almal is nie ewe doeltreffend nie. Dankie aan Johann Benade en die instandhoudingspan wat baie moeite doen om beskikbare opsies te ondersoek sodat die regte keuse gemaak kan word. Inwoners se geduld sal baie waardeer word.

We are thrilled that our social actions will resume in September, albeit within COVID-19 restrictions. Please support us.

Blitz Fibre is op terme geplaas vir die installering van die veselnetwerk. Ons wag nou vir hulle terugvoer.

No comments:

Post a Comment