Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 6 December 2021

Oord verwelkom Chris en Sue Bekker

Chris (77) en Sue (77) Bekker het pas in hulle wooneenheid (E85) ingetrek, toe Kwêvoël hulle besoek het. Hulle het vertel dat hulle besluit het om uit die stad na die platteland te verhuis. Tydens ̓n onlangse besoek aan Bela-Bela het hulle hul harte verloor op ons oord en sy pragtige mense.

Chris is in Vrede gebore en het in 1961 aan die Hoërskool Vrede gematrikuleer. Na jare in die bankwese, verander hy van koers en behaal ̓n kwalifikasie as opmeter aan die Technikon Pretoria. Hierna het hy jare lank as ̓n opmeter gewerk voordat hy in 2020 die tuig neergelê het.

Sue is in Pretoria gebore. Nadat sy aan die Hoërskool Wonderboom gematrikuleer het, het sy ̓n maatskaplike werker geword. Sy het die M.Soc.Sc.-graad met lof aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Sy het in 2014 afgetree.

Chris en Sue is in 1967 getroud. Hulle het twee kinders, vyf kleinkinders en twee agter-kleinkinders.

No comments:

Post a Comment