Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 27 October 2021

Ons verwelkom Nico Potgieter

 

Nadat hy ʼn traumatiese huisbraak in sy vorige woonplek in Pretoria beleef het, het Nico Potgieter (61) besluit om maar liewer sy heil op die platteland te soek waar die leefstyl meer ontspanne en eiedom meer bekostigbaar is.

Hy het ʼn internetsoektog van stapel gestuur, verskeie aftreeopsies oorweeg en besluit om E42 aan te skaf. Terloops, ons is in ons noppies om te berig dat ons oord se webwerf  weer eens die oplossing verskaf het aan ʼn persoon wat ʼn aftreeplekkie op die platteland soek.

Nico is in Windhoek gebore en getoë. Later het hy saam met sy ouers na Johannesburg verhuis waar hy in 1978 aan die Hoërskool Florida gematrikuleer het. Nadat hy militêre diensplig verrig het, het hy in 1981 ʼn B.Com.-graad aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal. Hy was 30 jaar lank werksaam by Fujitsu South Africa as ʼn besigheidskonsultant voordat hy in 2017 afgetree het.

Nico het twee kinders, t.w. ʼn seun wat in Pretoria en ʼn dogter wat in Saoedi-Arabië woon en werk.

 

No comments:

Post a Comment