Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 24 July 2021

Oord verwelkom Dora Meyer

Dora Meyer is in 1943 in Lydenburg gebore. Sy het op die Penge-asbesmyn grootgeword en in 1961 haar skoolopleiding aan die Hoërskool Lydenburg voltooi. Hierna het sy haar opleiding as verpleegkundige in 1965 aan die H F Verwoerd-hospitaal voltooi. Vervolgens het sy ʼn diploma in polariteitsterapie en ʼn sertifikaat in Hawaiise HUNA-MUA (wat beskryf word as ʼn terapie that combines the powers of the mind with the forces of nature to initiate change in your life”) behaal. Hierbenewens is sy ʼn gesertifiseerde masseer- en limfatiese terapeut.

Die hoogtepunt van haar loopbaan as ʼn verpleegkundige was waarskynlik die 12 jaar waartydens sy in Arizona, VSA, polariteitsterapie, energie-anatomie en galblaasspoeling beoefen het. Een van haar pasiënte beskryf haar as “one very gifted lady, who pays attention to the information she receives on many frequencies, and has the courage and the confidence to act on it.”

Dora het onlangs vanaf Marlothpark na E61 in ons oord verhuis. Sy is baie ingenome met haar gerieflike wooneenheid, die veiligheidsmaatreëls wat hier gehandhaaf word en die “baie nice mense om my!”

Sy het vier kinders en vyf kleinkinders 

No comments:

Post a Comment