Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 4 December 2021

'n Gereelde besoeker aan ons oord

Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is  ̓n gereelde besoeker aan ons oord en is reeds deur verskeie inwoners opgemerk. Die foto hierbo toon een hiervan in ʼn haakdoringboom voor E137 waarin Gerhard en Annatjie Swart woon.

Die volwasse kliplikkewaan is 100 tot 150 cm lank en weeg sowat 12 tot 15 kg. Die volwasse likkewaan se rugkant is grys-bruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Dit het ʼn geronde snoet en gevurkte tong soos wat Philip van den Berg (E34) se foto hierbo toon.

Hierdie spesie is opportunistiese vreters. Hulle smul graag aan ongewerwelde  diere, veral duisendpote, kewers, slakke, asook jong skilpadjies en eiers.

Die kliplikkewaan, wat oor feitlik die hele Suid-Afrika voorkom, leef in ruigtes, boomveld en koppies.

No comments:

Post a Comment