Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 2 December 2021

Oord verwelkom Johan en Noeline Schreuder

 

Johan (78) en Noeline (75) Schreuder het onlangs hulle braaikuiken-boerdery buite Bela-Bela van die hand gesit en na E56 in ons oord verhuis. Alhoewel hulle nog werskaf om hulle eenheid volgens hulle voorkeure te verander, is hulle reeds ingeburger en geniet die veilige en rustige omgewing.

Johan en Noeline is albei gebore en getoë Namibiërs. Johan is in Otjiwarongo gebore en het op Otavi grootgeword. In 1961 het hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Otjiwarongo voltooi. Hierna was hy ̓n student aan die SA Polisiekollege, ‘n bankamptenaar, ̓n rekenmeester by Vleissentraal en ̓n hoenderboer waar hy en Noeline vyftien jaar lank geswoeg en gewerskaf het.

Noeline is in Keetmanshoop gebore en het haar hoërskoolloopbaan in 1963 aan die Hoërskool Otjiwarongo voltooi. Na skool het sy by dieselfde bank as Johan begin werk waar hulle vir mekaar begin ogies maak het. Hulle is in 1966 getroud. Drie dogters en sewe kleinkinders is uit hul huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment