Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 5 December 2021

Oord verwelkom Barend en Riekie Werner

Barend (59) en Riekie (52) Werner het hulle onlangs in E73 tuisgemaak nadat hulle verskeie aftreeplekke oorweeg het. Hulle sê dat hulle wooneenheid nommerpas is en dat hulle baie veilig en rustig voel.

Riekie is in Johanneburg gebore en getoë. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy op haar oom se plaas in Hammanskraal gewoon.

Barend is in Boksburg gebore en het op ̓n plaas in Hammanskraal grootgeword. Nadat hy sy skoolopleiding aan die Hoërskool Sasolburg voltooi het, het hy hom as ̓n ketelmaker bekwaam en vervolgens  ̓n beroep in die staalbedryf gevolg.

Riekie en Barend is in 1987 getroud. Drie kinders en twee kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment