Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 29 October 2021

Ons verwelkom Sarel en Lenie Steenkamp


 Sarel (82) en Lenie (77) Steenkamp het hulle verblyf in ons oord aan hul kinders te danke. Hulle het gesê dat hulle, as ʼn blyk van waardering, graag vir hulle ʼn wooneenheid in ʼn aftreeoord óf by die see óf in die binneland wil aanskaf.

Die egpaar het die binneland verkies en nadat hulle etlike plaaslike oorde oorweeg het, het hulle besluit dat Warmbad Renaissance aan die meeste van hul behoeftes voldoen. Die oord is bekostigbaar, hul eenheid is gerieflik, hulle voel veilig en die inwoners is vriendelik en hulpvaardig.

Sarel is in Eldoret, Kenia, gebore en getoë. In 1956 het hy aan die Prince of Wales High School, Nairobi, gematrikuleer. In 1961 het hy en sy gesin na Pretoria verhuis waar hy hom as ʼn dieselwerktuigkundige bekwaam het. Mettertyd het hy die sakewêreld betree en het verskeie bandeondernemings in Witrivier en Hazyview bedryf voordat hy in 2006 afgetree het.

Lenie is op Crecy gebore waar sy haar vroeë kinderjare deurgebring het. Met verloop van tyd het sy en haar gesin na Fouriesburg en nóg later, na Bethlehem verhuis. In 1961 het sy aan die Hoër Handelskool Bethlehem gematrikuleer. Ná skool het sy sekretariële werk gedoen totdat sy en Sarel in 1963 getroud is. Hierna volg ma-skap en werk sy as ʼn boekhouer in haar en Sarel se sakeondernemings.

Sarel en Lenie het drie kinders grootgemaak wat aan hulle vyf kleinkinders en 2 agterkleinkinders besorg het.

No comments:

Post a Comment