Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 1 October 2021

Bestuurskomiteevoorsitter se boodskap - Oktober 2021


Die Voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN. skryf in sy Oktober-boodskap aan die inwoners soos volg: Ons oord is ontwerp vir selfversorgende inwoners. Dit beteken dat dienste nie voorsien kan word oorsien aan persone wat tydelik of permanent nie daartoe in staat is om na hulself om te sien nie.

Die mens is egter ʼn brose wese. Vandag is ons nog sterk en selfonderhoudend, dog môre is ons dalk tot so ʼn mate fisiek of geestelik  verswak dat ons nie daartoe in staat is om onafhanklik te woon nie; dat ons ʼn risiko, verleentheid of oorlas vir ander inwoners skep.

ʼn Kritieke situasie ontstaan dan. Hoe gemaak indien ons versorging benodig?

Een van die opsies is om by die Bestuurskomitee aansoek te doen om ʼn geregistreerde versorger in diens te neem. Nadere besonderhede in hierdie verband word in paragraaf 2 van ons gedragreëls uiteengesit.

Nóg ʼn alternatief is om na ʼn instansie soos Rusoord in Bela-Bela of Die Palms Renaissance-aftreeoord in Pretoria te verhuis. Beide is toegerus om verswakte persone te versorg, insluitend pasiënte wat aan alzheimersiekte ly. Verdere inligting is op hul webtuistes beskikbaar.

Ten slotte is ons dankbaar dat omstandighede ons in staat gestel het om ons sosiale geleenthede te hervat binne die beperkings van COVID-19-protokol. Bladsy 2 van hierdie nuusbrief bevat ʼn fotobeeld van onlangse aktiwiteite. Ons is in ons noppies dat baie nuwe inwoners daaraan deelneem. Dankie vir u betrokkenheid.
 


No comments:

Post a Comment