Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 4 May 2021

Oord verwelkom Koos en Judith Huyzers

Koos (70) en Judith (65) Huyzers het onlangs in E63 ingetrek nadat hulle hul kleinhoewe op Bronkhorstspruit van die hand gesit het.

Die egpaar het verskeie aftreeoorde oorweeg voordat hulle op hul huidige woonplek besluit het.

Koos is in Potchefstroom gebore. Hy en sy gesin het later na Balfour verhuis waar hy in 1966 sy skoolopleiding aan die Hoërskool Balfour voltooi het. Hy het vervolgens in 1972 ʼn vakleerlingskap in verfwerk voltooi nadat hy die vaktoets aan die Olifantsfontein-vaktoetssentrum geslaag het. Nadat hy ʼn geruime tyd lank in diens van die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens was, het hy by die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste aangesluit waar hy sewentien jaar lank werksaam was totdat hy in 2011 afgetree het.

Judith is in Durban gebore, maar beskou Elsburg as haar grootworddorp. Sy het haar skoolopleiding in 1973 aan die Hoër Handelskool Op ʼt Hof in Bedforview voltooi. Ná skool het sy klerklike werk gedoen en was vyf jaar lank ʼn verpleegster.

Koos en Judith is in 1974 in Elsburg getroud. Hulle het vier kinders en nege kleinkinders.

No comments:

Post a Comment