| Rina Steynberg |
Rina Steynberg het voor haar
aftrede in 1996, die kantoor van die toentertydse Departement van Mannekrag op
Nylstroom bestuur, dien tans in die kerkraad en die sustersvereniging van die
Hervormde Kerk op Bela-Bela, en is die sekretaresse van die Warmbad-tak van die
Vroue Landbou-unie. Sy verteenwoordig ook haar VLU-tak in die Warmbad
Boerevereniging. Hierbenewens is sy 'n
toegewyde ma van haar seun en geliefde ouma van drie kleinkinders.
