Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 30 June 2015

Ingang tot oord ondergaan voorkomsverandering

Die waternood in Suid-Afrika wat deur omgewingskundiges in die vooruitsig gestel word, motiveer die oord se bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink al 'n geruime tyd lank om maniere te vind om waterverbruik in die oord te verminder.

Dit het daartoe aanleiding gegee dat verskeie droogtebestande tuine reeds in die oord aangelê is.

Die ingang tot die oord het pas aan die beurt gekom. Soos die foto's hieronder aantoon, het dit 'n dramatiese voorkomsverandering (make-over) ten goede ondergaan.

Voor die voorkomsverandering. Die bedding word voorberei.
Tydens die voorkomsverandering. Isabel Hattingh en Rita Vosloo doen die plantwerk. Oordwerkers Bra Willie, Thomas, AB en Paulus het gehelp om die swaar potte en klippe aan te dra.
Die voorkomsverandering is afgehandel. Henry en Toy van Nieuwenhuizen het die aalwyne en die potte geskenk. Hulle het in Eenheid 25 gewoon voordat hulle ankele maande gelede na Die Palms Renaissance verhuis het. Toy is onlangs oorlede. Henry was die eerste voorsitter van die Warmbad Renaissance Bestuurskomitee.
Die bedding regs van die hek het eweneens 'n voorkomsverandering ondergaan.

No comments:

Post a Comment