Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 17 August 2015

Raakvatter kies ons oord


Rina Steynberg
Rina Steynberg het voor haar aftrede in 1996, die kantoor van die toentertydse Departement van Mannekrag op Nylstroom bestuur, dien tans in die kerkraad en die sustersvereniging van die Hervormde Kerk op Bela-Bela, en is die sekretaresse van die Warmbad-tak van die Vroue Landbou-unie. Sy verteenwoordig ook haar VLU-tak in die Warmbad Boerevereniging.  Hierbenewens is sy 'n toegewyde ma van haar seun en geliefde ouma van drie kleinkinders.

Maar Rina ken ook diepe hartseer. Haar dogter is op 13-jarige ouderdom in 'n skoolbusongeluk dood. In dieselfde ongeluk is haar seun ernstig beseer.
 
Sy is in 1941 op Middelburg gebore en het op Groblersdal grootgeword waar sy in 1959 matrikuleer het. Rina en Koert is in 1962 getroud. Hy het haar in 2009 ontval.
 
Sy en Koert het sedert 1990 op die plaas Klippekou in die distrik Warmbad gewoon voordat sy dit in 2015 verkoop het en E105 in ons oord aangeskaf het.
 
Op die vraag waarom sy dan besluit het om na Warmbad Renaissance te verhuis, antwoord sy sonder huiwering: "Ek het verskeie meenthuiskomplekse en aftree-oorde op Bela-Bela  oorweeg voordat Renaissance se bekostigbaarheid, netheid en uitstekende sekuriteit die deurslag gegee het."
 
Hierdie raakvatter is nog lank nie gereed om haar gemeenskapsbetrokkenheid in te kort nie. Sodra sy haar voete in haar gerieflike eenheid gevind het, is sy voornemens om by ons oord-aktiwiteite betrokke te raak.

No comments:

Post a Comment