Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 4 August 2015

Tot siens, Rina

Rina Triegaardt (84) se talle vriende en vriendinne het onlangs van haar afskeid geneem tydens 'n gesellige teedrinkery in die Nes.

'n Bewoë Rina Triegaardt by haar afskeidsgeselligheid in die Nes. Urte Daiber sit 'n vertroostende handjie by. Agter staan die drie aangewese bestuursders van die oord se diensbussie, (v.l.n.r.) Dimmie Smith, Hennie de Villiers en Gerhard van Rooyen. Rina was 'n gereelde passassier op die diensbussie wat sommige inwoners op Woensdae na 'n plaaslike sakesentrum neem om hulle weeklikse inkopies te doen.
Rina het aan die einde van Augustus na 'n versorgingsoord verhuis wat nader aan haar geliefdes in die Roodepoort-omgewing geleë is.

Toe sy en haar wederhelf, Louis, hulle op 13 Desember 1993 in Eenheid 59 tuisgemaak het, was sy 'n vietse en energieke 62-jarige. Vroeg in 1994 het hulle hulle intrek in Eenheid 75 geneem waar sy tot haar vertrek gewoon het.

Louis Triegaardt
Rina en Louis het gou 'n leidende rol in ons gemeenskappie gespeel. Sy het byvoorbeeld vanaf 1995 tot 2005 vrywillig die oord se biblioteek behartig. Op 8 Maart 2005 bedank die bestuurskomitee haar formeel vir haar "onbaatsugtige diens en pligsgetrouheid" ten bate van die inwoners.

Sy was ook tot onlangs ten nouste betrokke by die bedrywighede van die Sosiale Aksie-komitee, o.a. as sekretaresse.

Louis het haar op 4 September 2014 na 'n lang siekbed ontval. Hy was 81 jaar oud.

Warmbad Renaissance wens haar alles van die allerbeste in haar nuwe tuiste toe.

No comments:

Post a Comment