Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 11 August 2015

Inwoners besoek Palms Renaissance Aftree-oord

Die Palms Renaissance Aftree-oord in Pretoria, is een van die Renaissance-groep se aftree-oorde. In teenstelling met die ander Renaissance-oorde, beskik die Palms oor geriewe vir verswakte persone. Klik HIER om meer van die Palms Renaissance te wete te kom.


Die netjiese ingangsportaal van die Palms Renaissance Aftree-oord
Een van die voordele vir die inwoners van Renaissance-oorde is dat hulle voorkeur geniet vir opname in die Palms indien omstandighede dit noodsaak.

Renaissance-oorde word gereeld uitgenooi om belangstellendes na die Palms te neem om hulle van toestande aldaar te vergewis.

Op 11 Augustus was dit ons beurt. Hieronder verskyn 'n fotobeeld van die besoek.

Die groep is gereed om na Palms Renaissance te vertrek. V.l.n.r. verskyn Una Osborne, Eddie Kuntz, Lirpa Kuntz, Rita Vosloo, Annetjie van Rooyen, Julie van den Berg, Ronel van der Walt, M J van den Berg en Gerhard van Rooyen. Voor kniel Jacky Putter 
 
Op pad na die Palms Renaissance Aftree-oord in Pretoria in ons nuwe diensbussie
Die Superintendent van Palms Renaissance, Marita Oberholzer, en Gerhard van Rooyen, die voorsitter van die Warmbad Renaissance Bestuurskomitee

Ronel van der Walt van Warmbad Renaissance, gesels met 'n inwoner van Palms Renaissance

No comments:

Post a Comment