Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 4 July 2015

Nóg 'n gereelde besoeker aan ons oord: die mikstertbyvanger

Volgens Sasol Birds of Southern Africa is die mikstertbyvanger "die enigste geheel en al swart sitvoël met 'n diep gevurkte stert" wat in Suid-Afrika voorkom.

Die mikstertbyvanger
Dié sjarmante voëltjie en sy maters is gereelde besoekers aan ons oord. Toe die stuk veld aan die westekant van ons oord onlangs afgebrand het, was die groot aantal mikstertbyvangers wat oor die brandende terrein gedartel het op jag na insekte wat probeer het om die vuur te ontvlug, opvallend. Praat van die duiwel en die diep blou
see!

Volgens Piet Combrink, die voorsitter van ons oord se bewaringskomitee, verloor mikstertbyvangers gou hulle vrees vir mense as hulle gevoer word. Die foto's op hierdie blad is 'n sprekende bewys hiervan. Piet het dit geneem.

Ek's 'n dapper voël ... 'n Mikstertbyvanger maak hom tuis op Amy Combrink se hand
Piet teel self die meelwurms waarmee hy allerhande voëls na sy eenheid lok, insluitend mikstertbyvangers.

'n Bord vol lekkerte
Die mikstertbyvangers eet uit sy hand uit.

Bring die wurm nader, oom Piet
Mikstertbyvangerwyfies voer selfs hulle kleintjies met die meelwurms wat Piet vir hulle opdis.

Kos is oppie tafel!

No comments:

Post a Comment