Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 25 September 2023

NUWE INTREKKERS HIERDIE KWARTAAL!


Susan van der Merwe (E16)

Susan is afkomstig van Witbank waar sy haar eie keuterskool bedryf het, nl Lawaaidraai...

Sy het twee kinders, Waldo en Marizaan. Tydens Covid, het haar dogter so siek geword tydens haar swangerskap, dat dit Susan genoop het om Pretoria toe te verhuis om haar te ondersteun. Ouma moes na die baba omsien, terwyl Mamma in die hospitaal was. Genadiglik het alles goed afgeloop.

Die plan was om hierheen te verhuis en dinge het uiteindelik so uitgewerk dat sy nou die rus en vrede van die oord kan geniet.

Sommer vinnig het Susan haar tuin reggeruk en aangesien dit so naby aan die hoofhek is, ’n lus vir die oog.

 

Ans Mattyser (E77)

Ans is gebore op ‘n plaas in Heilbron en het daar grootgeword. Sy het alles op die plaas leer doen - van trekker ry tot koeie melk.


Ans is die ma van vier kinders – drie seuns en een dogter, skatryk ouma van twaalf kleinkinders oumagrootjie van drie agterkleindogters.

Tot en met haar onlangse aftrede te Renaissance, was sy aktief werksaam in die arbeidsmark. Sy is meganies en tegnies aangelê en het ‘n heelwat betrekkings in die verband beklee. Ans en haar seun het ook saam ‘n konstruksie maatskappy in Centurion bedryf.

“ Ek het nou kom aftree in die lieflike, stil, rustige en veilige Renaissance met vriendelike mense om my”.





No comments:

Post a Comment