Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 10 September 2023

4. Geestelike voeding wat ons almal nodig het!

 Padwaardigheid

 

As God se voertuig in die wêreld is ons nou nie juis die aansienlikste model wat daar is nie.  Inteendeel, ons is maar vol duike, krapmerke en roeskolle. “Almal het afgedwaal, almal het ontaard.  Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie” (Rom 3:12).  Ons is op ons beste maar gereed vir die wrakwerf (vers 13-17).

 

Genadiglik weet God wat Hy aan ons het, want Hy het ons gemaak.  Hy weet wat ons potensiaal is. 

 

God maak my vir die reis padwaardig.  Hy gee my ‘n nuwe lewe.  Hy doen my enjin oor en sit sy restourasiewerk daagliks voort terwyl ek op reis is.  Want sien, hy het dringend voertuie nodig vir sy werk.  Ek kan daarom nie wag tot “wanneer ek goed genoeg sal wees vir die werk nie”.  Die dag sal mos nie aanbreek wat ek myself goed genoeg gemaak het nie.  God vra maar net dat ek myself vir Hom oorgee.  “…Gee julleself aan God as lewende en heilige offers… Dit is die wesenlike van julle godsdiens wat julle moet beoefen” (Rom 12:1).  Alles begin by oorgawe.

 

God vergewe en vergeet my mislukte reise en begin nuut met my.  Die restourasiewerk vir padwaardigheid behels dat Hy toegang het tot my besluitneming, sodat Hy ook my denke kan vernuwe (Rom 12:2).  In plaas daarvan om roekeloos voort te reis en die een ongeluk na die ander te maak of te veroorsaak, steur ek my nou aan sy aanwysings.  Hy installeer ‘n nuwe besluitnemingsisteem wat aangedryf word deur die liefde. En die liefde doen die ander padgebruikers geen kwaad aan nie (Rom 13:10).

 

Gebed:

 

Vader, dankie dat U my vrygespreek het.  Maak my asseblief padwaardig vir die reis! Amen.

 

Taak:

 

Ø  Het jy al jou lewe oorgegee aan God?  Bedink wat het jy met die oorgawe bedoel? 

Ø  Met watter restourasiewerk is God tans besig in jou lewe?

 

Toegif:

 

Onderstreep Romeine 3:24b in jou Bybel en verander hulle na ek: “…maar ek word, sonder dat ek dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus”.

 

 

No comments:

Post a Comment