Lirpa Kuntz – Sekretaresse BK
Aanvanklik
vanaf Germiston en nou al vir 19 jaar woonagtig in Renaissance. Lirpa, vir dié
wat nie weet nie – haar naam is April omgedraai, want haar ouers was ’n seun te
wagte... en toe sy gebore is, was daar nie ’n naam op die tafel nie.
Sy
het twee seuns en een dogter, 4 kleinkinders wat in ouderdom wissel van 8 tot
28 jaar.
Lirpa
hou van kamp, stap (of op en af ry met haar Zippy Nippy), swem en rolbal. Sy bak, hekel, brei, doen graag
tuinwerk.
Sy
dra haar deel by deur diens doen in die oord se biblioteek.
Haar
woorde is, haar lewe is vol, maar vervelig. 😉
No comments:
Post a Comment