Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 27 November 2023

 Weke het verby gegaan sonder enige gebeure op die joernaal. Ek sukkel my gedaan om die webblad aan die gang te kry wat volgens die mense wat daarvoor instaan, nie bruikbaar is nie. Hopelik gaan ons dalk iets reg kry in die volgende week of so. Verskoning aan die wat graag die webblad besoek en nou niks kry nie.

Ek sal maar 'n paar uittreksels uit die nuusbrief hier plaas vir interessantheid.

Die Voorsitter se Verslag:

Soms is dit aangenaam om ʼn verslag voor te lê van gebeure gedurende ʼn sekere periode.  Om egter objektief te bly en nie kwetsend te wees nie, is nie so maklik nie.

 Dit bring my by die punt - waar en hoe is dit dat ʼn klein presentasie die vermoë het om die rus en vrede te verstoor. Die persepsies van mense met, die eie-ek, ek kan, ek sal, ek is oud, ek het nie geweet nie, kom na vore. Ek rig ʼn versoek aan almal en ook aan myself wat sê ons is Christene, kan jy voor God sê jy het nie geweet nie, of wil jy hê God moet saam met jou lieg. Dit is ʼn saak wat elkeen met God moet uitmaak en doen dan die regte ding.

 Alles is nie negatief nie. Dankie aan almal wat die ekstra myl loop om van Renaissance ʼn aangename tuiste te maak. Dankie vir die briewe wat ons ontvang van omgee en bemoediging.

 Die stryd teen watervoorsiening en krag probleme, is buite ons beheer. Ek draai nie krane toe nie en skakel ook nie die krag af nie. Ek kan u verseker dat van die bestuurslede dag vir dag op eie onkoste en tyd by die Munisipaliteit deurbring om ons oord se rekeninge reggestel te kry. Hierdie is ʼn Warmbad probleem. In die gemeenskap is daar mense wat reuse werk doen om die probleme  opgelos te kry. Spaar die kritiek teenoor die persone en bid eerder vir hulle.

 Eendrag maak mag. Mag 2024 vir Renaissance ʼn vreugdevolle jaar wees.

No comments:

Post a Comment