Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 30 September 2019

Oord verwelkom die Laubschers

Die Laubschers
Marius (61) en Eileen (62) Laubscher het onlangs hulle intrek in E53 geneem. Hulle sê dat hul eenheid ruim en gerieflik is. Hulle het ook groot waardering vir die rustigheid en veiligheid wat hulle in ons oord ervaar.

Eileen is in Coligny gebore en getoë. Sy het later haar skoolloopbaan aan die Hoërskool J J Pienaar in Potchefstroom voltooi. Hierna het sy verskeie administratiewe poste beklee en het onder andere 20 jaar lank by die Departement van Justisie gewerk.

Marius is op Grootfontein, Namibië gebore. Hy en sy gesin het egter later na Jan Kempdorp verhuis. Hy het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool N J Haines in Kimberley voltooi. Hierna het hy ʼn vakleerlingskap in ketelmakery by ʼn maatskappy in Welkom voltooi. Later was hy by verskeie myne in Welkom werksaam voordat hy in 2019 uitgetree het.


No comments:

Post a Comment