Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 4 September 2019

Oord verwelkom oudonderwyser

Hans van der Westhuizen
Hans van der Weshuizen (E33) is 66 jaar gelede naby Pontdrif gebore. Hy het daar op die familieplaas grootgeword, maar later saam met sy gesin na Modimolle verhuis. Hy het die laaste deel van sy laerskoolopleiding aan die Laerskool Nylstroom voltooi voordat hy in 1973 matriek aan die Hoërskool Nylstroom geslaag het.

Ná skool het hy SAW-diensplig op Walvisbaai, Namibië, deurloop. Hierna het hy ʼn vierjarige onderwyskwalifikasie aan die Normaalkollege Pretoria behaal. Sy spesialisvakke was Geografie en Afrikaans. Later het hy drie jaar lank deeltyds by UNISA gestudeer. Vanaf 2006 en tot sy aftrede aan die einde van 2018, was hy ʼn Afrikaansonderwyser aan die Hoërskool Warmbad.

Om te ontspan speel hy graag gholf en stel baie belang in inheemse bome.

Hans sê dat ons netjiese oord met sy goeie sekuriteit, rustigheid en vriendelike inwoners hom onlangs laat besluit het om hierheen te verhuis. Hierbenewens is dit naby Pretoria waar sy twee dogters en twee kleinkinders woon. Sy seun woon en werk tans in Natal.

No comments:

Post a Comment