Koos en Ina Saunderson |
Koos (63) en Ina (59) Saunderson ken mekaar reeds van
kindsbeen af. Hulle is in 1977 getroud en het vier kinders en tien
kleinkinders.
Koos is in Polokwane gebore waar hy sy skoolloopbaan in
1973 aan die Hoërskool Tom Naudé voltooi het. Hierna het hy ʼn vakleerlingskap in vliegtuigplaatmetaalwerk by die
Atlasvliegtuigkorporasie (tans Denel) voltooi. Hy het in 2017 uitgetree as die
hoofinspekteur van vliegtuigonderdele by Aerosud Aviation, ʼn lugvaartingenieurs- en vervaardigingsmaatskappy naby Pretoria.
Ina is in Pomfret gebore en het in Bloemhof grootgeword
waar sy haar skoolloopbaan aan die plaaslike hoërskool voltooi het. Hierna het
sy verpleegopleiding aan die provinsiale hospital op Wolmaransstad ontvang en
mettertyd gevorder tot die posisie van stafverpleegster.
Nadat hulle amptelik pensioentrekkers geword het, het hulle
verskeie aftreeoorde oorweeg voordat hulle E44 in ons oord gekoop het. Hulle is
baie ingenome met hul keuse, want hulle wooneenheid is gerieflik en die oord se
veiligheidsmaatreëls is baie goed.
No comments:
Post a Comment