Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 6 September 2019

Inwoners stel pragboek bekend

Nadat Philip en Ingrid van den Berg (E34) die onderwys in 1997 vaarwel toegeroep het, het hulle hulle eie uitgewersmaatskappy, HPH Publishing, gestig.

HPH Publishing, wat reeds meer as 35 hoëgehalte-koffietafelpublikasies die lig laat sien het, het pas sy nuutste pragboek bekend gestel: Pilanesberg self-drive – routes, roads and ratings.

Pragboek oor die Pilanesberg-wildreservaat
Ingrid het die teks behartig terwyl sy, Philip en hul seun, Heinrich, vir die meeste van die foto’s verantwoordelik was.

Philip en Ingrid tydens die bekendstelling van hul boek
Die Pilanesberg-wildreservaat, 40 km. noordwes van Rustenburg, is geleë in ʼn sirkelvormige gebied wat sowat 1 200 miljoen jaar gelede weens vulkaniese aktiwiteit ontstaan het.

Satellietfoto van die Pilanesberg-wildreservaat
Pilanesberg self-drive – routes, roads and ratings bied nie alleen ‘n oorsig van ’n interessante bosveldparadys nie, maar is as ʼt ware ʼn gids met inligting vir besoekers aan die Pilanesberg-wildreservaat. Dit beskryf ʼn verskeidenheid roetes in die park, elk met teks en foto’s van die plantegroei, wildbesigtigingsgeleenthede en ʼn geskiedkundige oorsig van die omgewing. Daarbenewens verskaf dit nuttige gegewens in verband met die beskikbare verblyf en aktiwiteite waaraan besoekers kan deelneem.

No comments:

Post a Comment