Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 7 September 2019

Veelsydige inwoner beoefen nuwe stokperdjie

Protea-boogskut Dries Engelbrecht
Dries, die bonsai-kweker
Oudskoolhoof, Protea-boogskut en bonsai-kweker Dries Engelbrecht (E132), het onlangs nóg ʼn uitlaatklep vir sy skeppingsdrang gevind: hy maak die mooiste messe denkbaar.

Elke mes 'n kunswerk
'n Vriend maak vir elke mes sy eie skede
Sy seun het hom aan dié kunsvorm bekend gestel en tree op as sy pa se mentor.

Dries het sy motorhuis in ʼn werkswinkel omskep. Hier vervaardig hy sy messe volgens sy eie ontwerp van spesiale staal. Die staal word getemper en gefatsoeneer, waarna die lem herhaaldelik geskuur en gepoets word. Eers as dit aan sy hoë standaarde voldoen, maak hy ʼn hef daarvoor, verkieslik van harde inheemse hout soos swartivoor, huilbos of hardekool.

Dries doenig in sy werkswinkel

No comments:

Post a Comment