Japie Bosch, ‘n voormalige nuusredakteur van Die
Vaderland, 'n Johannesburgse middagblad wat in 1988 sy deure
gesluit het, het gereageer op ‘n berig oor Bella van
Zyl wat onlangs op hierdie webjoernaal geplaas is. Klik HIER om toegang
tot die berig te verkry.
Japie Bosch |
Japie woon tans op Jeffreysbaai. Hy skryf: “Ek kon my oë vanoggend
nie glo nie toe ek die storie oor Bella van Zyl op julle webjoernaal kry
nie. Ons het ons al stukkend gewonder oor waar Bella is. Haar man,
Danie, was in 1982/83 burgemeester van Johannesburg. Ek het destyds oor
munisipale sake in Johannesburg verslag gedoen. Mettertyd het ek hy
boesemvriende geword. Daar is talle stories te vertel oor sy menswees en
flink denke.
“Danie was in die sewentigerjare ook ‘n vooraanstaande bokspromotor.
“Danie was altyd Danie en Bella was altyd Bella. Geen pretensie
nie.
“Stuur asseblief vir Bella ons liefde en groete. Ons sal graag met
haar wil kontak maak.”
No comments:
Post a Comment