Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 11 August 2017

Ainos Christelike Revuegroep steel inwoners se harte

Die Ainos Christelike Revuegroep van die Laerskool Hennopspark het onlangs inwoners se harte gesteel, finish en klaar. Diegene wat nie lastige trane weggepink het nie, het lastige knoppe in die keel weggesluk. Of albei.

Die sosiale aksie-portefeulje van die bestuurskomitee het dié groep kinders se optrede in die Nes gefasiliteer. Dit was ongetwyfeld die hoogtepunt van die oord se sosiale kalender.

Die foto’s hieronder laat kwalik reg geskied aan die sjarme waarmee die kinders hulle gehoor oorrompel het.

Die kinders het gou die gehoor betower
Talent in oorvloed
Hartediewe
Kinders en gehoor ruil drukkies uit

No comments:

Post a Comment