Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 8 August 2017

Oord heet voormalige burgemeestersvrou welkom

Bella van Zyl
Voordat Bella van Zyl (75) na Warmbad Renaissance verhuis het, het sy sewe jaar lank in ‘n meenthuiskompleks op Middelburg gewoon. Sy het egter mettertyd na ‘n veiliger woonplek begin soek. 

Sy het die voor- en nadele van verskeie aftreeoorde oorweeg voordat sy op E5 in ons oord besluit het. Die aangename Bosveldklimaat, die gerieflike wooneenheid, goeie veiligheidsmaatreëls en die netjiese terrein het die deurslag gegee.

Bella is in Greymont, Johannesburg, gebore en getoë. Nadat sy matriek aan die Hoërskool Die Burger behaal het, het sy ‘n pos by die toentertydse Volkskasbank aanvaar. Kort voor lank het sy egter Danie van Zyl se voete onder hom uitgeslaan. Hulle is in 1960 getroud.

Bella het uit haar pos by Volkskas bedank om heeltyds ‘n tuisteskepper te word. Tussenin het sy tyd ingeruim om haar kunsvaardigheid in naaldborduurwerk uit te leef.

Danie het jare lank ‘n suksesvolle konstruksiemaatskappy bedryf voordat hy hom in die politiek begewe het. Hy was in 1982 die burgemeester van Johannesburg.

In 1982 was Bella en Danie die burgemeesterspaar van Johannesburg
Bella en Danie het vier dogters en een seun grootgemaak voordat hy haar in 1989 ontval het. Hierna het twaalf kleinkinders en een agterkleinkind gevolg.


No comments:

Post a Comment