Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 1 August 2017

Ons webjoernaal tref weer eens die kol

Sarie Smit
Sarie Smit (65) het ‘n geruime tyd lank gesoek na ‘n geskikte, bekostigbare aftreeplek voordat sy op die advertensie wat Frank en Julie Spence op ons webjoernaal laat plaas het, afgekom het. She came, she saw, she was conquered! Sy was só beïndruk met dié gerieflike woonplek en ons goedversorgde oord, dat sy besluit het om dit te koop.

Frank-hulle het haar aanbod aanvaar en nou woon sy in E7, so gelukkig soos ‘n kat in ‘n melkery!

Sarie is in Pretoria gebore. Sy het in die voorstad Villieria grootgeword waar sy in 1970 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi het. Hierna het sy in 1976 die B.Sc.(QS)-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Nadat sy haar universiteitstudie voltooi het, het sy haar beroep as bourekenaar meer as 30 jaar lank beoefen. Die laaste projek waaraan sy gewerk het voordat ‘n ernstige motorongeluk haar lewe in 2010 in ‘n oogwink ingrypend verander het, was die Transnet-pypleiding vanaf Durban na Gauteng. Sy moes haar beroep weens haar beserings prysgee.

Sarie is egter ‘n blymoedige vasbyter en het uiteindelik ‘n heenkome op Giyani gevind waar sy drie gastehuise vir ‘n familielid bestuur het.

Haar man, Izak, is in 2014 oorlede. Hy was ‘n jonger broer van die welbekende Fanie Smit wat jare lank elke Sondagoggend die SAUK-radioprogram Loof die Here aangebied het.

Sarie en Izak het 4 kinders grootgemaak. Daar is ook 5 klein- en 2 agterkleinkinders. 

No comments:

Post a Comment