Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 12 August 2017

Ons straatbraaitradisie

Kort na ons oord se ontstaan 26 jaar gelede, het die behoefte aan sosiale interaksie tussen die inwoners uitgeloop op ons straatbraaitradisie. Straatbraaie vervang nie die meer formele geleenthede wat deur die bestuurskomitee se sosiale aksie-portefeulje gereël word nie.

Die doel van ‘n straatbraai is om sommer net ander straatbewoners se geselskap te geniet en/of om nuwe inwoners in die buurt te verwelkom.

Die gedagte om ‘n straatbraai te reël ontstaan dikwels spontaan. Die reëlings volg nie ‘n vaste patroon nie. Die venue is iemand se motorafdak. Nog iemand vra die oord se braaitoestelle en tafels aan. Diegene wat voornemens is om die geselligheid by te woon, reël onder mekaar wie die bykosse sal voorsien en elkeen bring sy eie voustoel, eetgerei en drinkgoed saam … en siedaar, ‘n gesellige samekoms sonder dat enigiemand hom of haar oor ‘n mik werk. 

Die foto’s hieronder is tydens onlangse straatbraaie geneem.

Die katte (!) van Katlagterlaan
Die Troupantlaners
Die mense van Vleiloerielaan

No comments:

Post a Comment