Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 25 August 2017

Bestuursvereniging hou spesiale algemene vergadering

Ons bestuursvereniging, wat uit die eienaars van eenhede in ons oord bestaan, het op 24 Augustus 2017 ‘n spesiale algemene vergadering gehou.

Die doel van die vergadering was om die geouditeerde finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2016 in oënskou te neem en om twee mosies wat voorheen ingedien is, te oorweeg.

Die bestuursvereniging luister aandagtig na die voorsitter, Gerhard van Rooyen
Die finansiële state is deur ons bestuursagent, Frikman Nel, ter tafel gelê. Nel het daarop gewys dat die ons oord se finansies baie gesond is. Nadat hy enkele vrae beantwoord het, is die state eenparig goedgekeur.

Ons bestuursagent, Frikman Nel
Hierna het die bestuursvereniging die stand van ons sekuriteitsmaatreëls onder die loep geneem. Onder andere is die opgradering van hierdie maatreëls bespreek. Die vereniging het besluit dat die huidige sekuriteitsmaatreëls voldoende is.

Vervolgens het die moontlikheid om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters te laat installeer, aandag geniet. Die bestuursvereniging het dié mosie verwerp.

No comments:

Post a Comment