Min dinge smaak so lekker as tuisgemaakte sop en
tuisgebakte bruin- en potbrood en tuisgemaakte konfyt en Checkerskaas en OBS op
‘n Bosveldse winterdag.
Op 22 Junie het die oord se sosiale aksie-groep
inwoners weer eens op ‘n groot bederf in die Nes getrakteer.
Maar amper net so belangrik as die ete en drinke,
was die gesellige samesyn wat tóg maar die primêre doelstelling van die sosiale
aksie-groep se aanbiedings is.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die
verrigtinge.
|
Gereed vir die groot kuier is (v.l.n.r.) Koos
Grobler. Linda Grobler, Marie Snyman, Ans du Plessis, Mel Smith, Dimmie Smith,
Liz Snyders en Chris Snyders |
|
Voorslagsopmakers (v.l.n.r.) Miriam Scheepers (groentesop),
Isabel Hattingh (boontjiesop), Bets Cilliers (groentesop ), Rita Vosloo (boontjiesop)
en Linkie Ellis (groentesop) |
|
Regte, egte sop wat jy met ‘n mes en vurk moet eet! |
|
By die broodtafel verskyn (v.l.n.r.) Vanessa de Wit,
Annatjie Maree, Ans du Plessis, Marie Snyman, Danie du Plessis en Louise du
Plessis |
|
Dimmie Smith help opruim |
No comments:
Post a Comment