Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 21 June 2017

Wilma verruil Stompneusbaai vir Bela-Bela

Wilma Kense (74) het Stompneusbaai onlangs ná 13 jaar verlaat en haar intrek in E76 geneem. Die belangrikste rede vir haar verhuising na Bela-Bela was dat sy nader aan haar dogter, Elna, en dié se gesin wou woon nadat haar wederhelf, Herman, haar in 2014 ontval het. Haar seun, Izak, woon en werk al ‘n geruime tyd lank in San Francisco in die VSA.

Wilma Kense
Wilma is in Frankfort gebore en het op haar ouers se plaas, Ellensdeel, grootgeword. Nadat sy aan die Hoërskool Frankfort gematrikuleer het, het sy haar as ‘n grondslagfase-onderwyser aan die Heidelbergse Onderwyskollege bekwaam. Sy het sowat sewe jaar lank skoolgehou voordat Herman, ‘n jong rekenmeester, dié sjarmante skooljuffrou se voete onder haar uitgeslaan het.

Sy en Herman het hulle later op Bela-Bela gevestig waar laasgenoemde sy pa se konstruksiemaatskappy oorgeneem het. Hulle het in 2004 na Stompneusbaai verhuis nadat Herman die konstruksiemaatskappy tot niet gemaak het.

Stompneusbaai aan die Weskus
Wilma het verskeie aftreeoorde oorweeg voordat ons webtuiste (www.renaissance-in-die-bosveld.co.za) haar oortuig het dat ons oord aan haar behoeftes voldoen. Hierbenewens het bekostigbaarheid, vriendelike inwoners en die goedversorgde terrein finaal die deurslag gegee.


No comments:

Post a Comment