Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 6 July 2017

Voormalige Bolander nou Bosvelder

Hester Breet
Hester Breet (69) het onlangs haar intrek in E139 geneem nadat sy sestien jaar lank op Koedoeskop woonagtig was.

Hierdie gesellige voormalige Bolander is op Robertson gebore en getoë, en het die matrikulasie-eksamen met goeie gevolg aan die Hoërskool Swellendam afgelê.

Maar die Bosveld was uiteindelik haar voorland. ‘n Geruime tyd nadat Hester se eerste man oorlede is, is sy en Piet Breet, ‘n wewenaar, in 2001 op Thabazimbi getroud. Die pasgetroudes het hulle op Piet se plaas op Koedoeskop gevestig.

Piet het haar in 2009 ontval en agt jaar later, nadat sy verskeie aftreeoorde in die omgewing oorweeg het, bevind sy haar in Warmbad Renaissance. Hier woon sy tot dusver baie lekker, dankie. Haar wooneenheid is gerieflik en die oord, rustig en veilig.  Die mense wat sy tot dusver ontmoet het, het baie moeite gedoen om haar tuis te laat voel.

Hester het drie kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind.

No comments:

Post a Comment