Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 1 June 2015

Avontuurlike Tossie

Tossie van Rensburg (Eenheid 13) het onlangs 'n avontuurtog agterop 'n motorfiets onderneem.

Nee, dis nie twee gevaarlike “hell’s angels” nie, dis maar net juffrou Tossie van Rensburg, onderwyseres van Laerskool Warmbad, wat nou ’n “biker” geword het. Van Rensburg en haar vriend, Iain Howie, het onlangs sewe dae lank deur Afrika op dié BMW-motorfiets getoer. Hulle was onder meer in Botswana, waar hulle in Kasane met fiets en al op ’n veerboot na Zambië gevaar het, voordat hulle die terugrit huis toe aangepak het.
(Die foto en byskrif is ontleen aan ons eie Die Pos van 29 Mei 2015. Dié koerant het onlangs die LIN Media-toekenning vir 2015 verwerf as die beste plaaslike koerant)

No comments:

Post a Comment