Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 11 June 2015

Oud-polisiekaptein maak Warmbad Renaissance sy tuiste

Johan Huisamen (51) is 'n gemoedelike voormalige polisiekaptein wat lank op Bela-Bela gewerk het. Hy moes die SAPD onlangs weens mediese redes verlaat.

Hy en sy stiefpa, Hannes Kruger (74), woon in Eenheid 2. Hulle waardeer die rustigheid en veiligheid van ons pragtige oord, asook die vriendelikheid van die inwoners.

Johan Huisamen (links) en sy stiefpa, Hannes Kruger
Alhoewel Johan op Warmbad grootgeword het, het hy sy skoolopvoeding by die Hoërskool Wagpos op Brits voltooi. Daarna het hy by die SAPD aangesluit en mettertyd 'n buitemuurse Nasionale Diploma in Polisie-administrasie aan die Technikon RSA behaal.

As 'n jong man was Johan 'n geedriftige rugbyspeler wat as stut vir die plaaslike rugbyspan uitgedraf het. Later het hy hom op die hengelsport toegespits en provinsiale kleure daarin verwerf. Deesdae hengel hy vir ontspanning en is 'n toegewyde Blou Bul-ondersteuner.

Johan se voormalige eggenote, Jacqueline, is 'n fisioterapeut op die dorp. Hulle is baie trots op hulle 12-jarige seun wat die  onderhoofseun van die plaaslike laerskool is. Sy naam is Henrique. Hy is 'n kranige sportman wat, onder andere, oor 'n swart gordel in karate beskik. Die 8-jarige Nicky woon by haar ma in Bloemfontein.

No comments:

Post a Comment