Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 18 June 2015

Inwoners verdryf die winterkoue met sop en sjerrie

Heelparty inwoners het onlangs die snerpende koue en 'n blerts beurtkrag met sop en sjerrie aangedurf tydens 'n gesellige funksie wat deur die Sosiale Aksie gereël is.

Alhoewel die beurtkrag gedreig het om die funksie te ontspoor, het 'n paar ondernemende gaste kerse en LED-ligte by die huis gaan haal om 'n heel gesellige atmosfeer te skep.

Gelukkig is die heerlike boontjie- en groentesop (nes Ouma s'n) vooraf opgewarm. Die beurtkrag het darem nie die smaak van die sjerrie aangetas nie.

Die onderstaande foto's is geneem kort nadat die beurtkrag ingeskop het en voordat die sop bedien is.

V.l.n.r. verskyn Marie Snyman, Miriam en John Scheepers, Karl en Marie Fechner en Venessa de Witt
In die gewone volgorde verduur, Johnny en Shiela Meyer, Fietjie Moolman, Ronél van der Walt, Liz en Chris Snyders die kragonderbreking gelate
Delene Bekker, Letisha Sonnekus, Richard Tausch en Pieter van Rensburg
Dave Vickery, George and Elisabeth Yeo
Mel en Dimmie Smith, Blackie en Bettie Swart en Hennie Kotzé
Nadat die kragtoevoer herstel is, het die 8-jarige Annemieke du Preez die sop en sjerrie aangevul met haar helder stemmetjie. In die agtergrond verskyn haar ouers, Quinton en Nadia du Preez. Ouma Lienkie Ellis versorg haar groentesop elders in die saal




























































































































No comments:

Post a Comment